To be or Not to be

Internet image.

So was dit die week, komkommertyd op Middelburg.

Stil!

Stilte voor die storm?

Stilte voor die Cravenweek Maandag begin?

Miskien weet ons nie wat ons gaan tref nie, hierdie skielike karre met GP registrasienommers in ons strate.

Restaurante wat vol is, vreemdelinge.

Middelburgers?

Ons is net anders.

Ons groet mekaar nog.

Ons gesels in Spar en Pick ’n Pay oor ditjies en datjies.

Ons lees elke week ons Middelburg Observer.

Ons gaan Sondae kerk toe en Maandae…

Ons eet lekker en…

Ons is fanaties oor ons skole (en ons kinders).

Ons het ’n gunsteling skoolhoof en kan lekker oor die ander een skinder.

Ons het ’n geliefde burgemeester.

Ons maak nog ons ligte reg en hou ons parke skoon.

Ons strate is netjies en geverf.

Ons hou daarvan om in die Mall rond te drentel.

As ’n ou jou Maandag skeef aankyk weet hy kom van Springs of Brakpan af.

Of dalk van Vanderbijlpark?

Stap met ’n skole rugbytoer by Checkers op Vanderbijl in.

Groet vriendelik.

Maar kry ’n kyk terug van: “Moenie met my k%k soek nie my tjom”.

Was daarna te bang om weer op te kyk, wat nog te sê groet.

As julle uitdorpers Maandag hier aankom en iemand groet jou, dis nie ’n swendelaar of ’n bedelaar nie, hy is maar net ’n Middelburger.

Welkom op ons dorp, die beste dorp, met die beste mense…ag alles is sommer net shanana hier.

Geniet hom!

  AUTHOR
Tobie van den Bergh
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Ons moenie mekaar se harte mors nie