‘Ek is net Mandy’

Me. Pretorius by die voorraad kos in haar motorhuis wat sy vir armes gee (daar was nog ses brode in die vrieskas ook wat sy hou vir wanneer mense opdaag). Sy sê daar is nie baie voorraad nie, omdat sy tot op hede nie baie skenkings gekry het nie.
Me. Pretorius by die voorraad kos in haar motorhuis wat sy vir armes gee (daar was nog ses brode in die vrieskas ook wat sy hou vir wanneer mense opdaag). Sy sê daar is nie baie voorraad nie, omdat sy tot op hede nie baie skenkings gekry het nie.

Me. Pretorius was verstom oor die bewerings wat oor haar en haar projek gemaak is.

Op die aanname wat die anonieme bron gemaak het dat me. Pretorius onder “‘n skuilnaam werk” het me. Pretorius haar identiteitsboekie gaan haal, waar haar geboortename, Maria Magdalena Corrie, is.

“Die naam Francina, is een van my ouma se geboortename gewees,” het sy uitgeroep en ook haar ouma se identiteitsboekie gaan haal. “Ek is net Mandy, almal noem my al van babatyd af so.”

Me. Pretorius se ma, Yvonne, het dit afgelag en gesê: “en al het die persoon ook dié drie doopname van Mandy geken, wat maak dit saak?

Wie van ons gebruik al die name wat die ouer mense ons gegee het. So almal in die wêreld daarbuite werk onder skuilname, want dit is nié die name in hul ID-boekies nie?

Ek het haar van haar eerste geboortedag af, Mandy genoem. Almal ken haar so.”

Me. Pretorius het haar koskaste en motorhuis gaan oopmaak en gewys wat in die kaste is. Sy het ons na haar motorhuis gevat waar sy alles reeds in gereedheid gebring het vir die afskop van haar kos- en kleredag Saterdag.

Daar was opgemaakte lekkergoedpakkies “wat oorgebly het van die Kerspartytjie, wat ek vir die kinders gaan gee”, asook ander kos en klere wat uitgedeel gaan word.

Me. Pretorius het aangedui dat sy Dinsdae by me. Etta Vosges (wat ‘n vrywilliger is by die Saailand speelgroep) brood kry, wat aan die armes uitgedeel word, soos hulle opdaag. In haar vrieskas was ses brode wat oorgebly het, wat sy uitgee, as mense opdaag vir kospakkies. Dit word daar gehou om te voorkom dat dit af gaan.

“Ja, daar is nie baie kos vir die mense nie, want ek was Desembermaand vir twee weke met vakansie en daar was maar min skenkings. Sodra dit inkom, sal ek weer baie meer begin uitgee.”

Op die bewerings dat sy geld ontvang of klerasie verkoop, het me. Pretorius gesê dat sy in November 2014 ‘n paar boutiek kledingstukke, op die persoon wat dit geskenk het se aandrang (wat dit vir dié doel geskenk het), verkoop het sodat sy daardie jaar ‘n Kerspartytjie vir die minderbevoorregte kinders kon gee.

“Mense gee soms vir my R100 of R200 en sê dat ek gas of krag daarmee moet gaan koop, want ek maak ál die kos vir die klere- en kosdae op eie onkostes.”

Vroeg hierdie week het ‘n man by haar huis opgedaag, R110 in haar hand gestop en vir haar gesê om “‘n ontbyt te gaan eet vir alles wat jy doen.”

“As ek dan so geld het vir alles en al die skenkings steel, hoekom het ek op die Facebookblad vroeg hierdie jaar gevra vir skoene en klere en skoolartikels vir my twee pleegkinders wat ek van geboorte af grootmaak?

As ek gesteel het, kon ek mos maar uit die Kersbokse wat Desember geskenk is, gehaal het, want daar is genoeg artikels in wat hulle kan gebruik. Daar is 15 bokse oor, wat ek hierdie jaar wéér Kersfees vir die armes sal uitgee.”

Me. Pretorius sê dat toe sy die projek in 2013 begin het, het haar man ‘n goeie inkomste gehad en het sy dit net gedoen om die gemeenskap te help. Sowat ‘n jaar later het haar man sy werk verloor. Hy het twee weke voor sy dood (hartaanval) eers weer begin werk.

Op die vraag wat haar inkomste is, het sy verduidelik dat daar nog ‘n paar rand belastinggeld van haar oorlede man oor was.

Toe hierdie fondse ook uitgeput is, het ‘n anonieme skenker vir ‘n paar maande me. Pretorius se huur betaal. “Ek het maar onlangs eers uitgevind wie sy is.”

“Ek het géén geld vir die waterprojek gekry nie. Daar is gevra of ek bereid is om die water op my perseel te hou en ek het ingestem. Almal het net opgedaag met al die bottels en duisende liters water!” Die water is intussen geskuif na ‘n stoorplek in die industriële gebied.

“Ek werk elke dag van my lewe tot 21:00 om die klere vir die mens uit te sorteer en kospakkies te maak of kos uit te gee vir minderbevoorregtes.”

Op bewerings dat sy die beste kos vir haarself hou en geld wat vir die projek geskenk word, vat, het sy hartseer gesê: “Ek kan hierdie maand nie my huur betaal nie, maar dit maak nie saak nie. Ek gee alles oor aan die Here. “Ek het vir drie jaar vir armes kos en klere gegee.

As daar iemand is wat ‘n vendetta het, dan is dit maar so. Ek gaan my kop hoog hou en steeds kos gee as daar kos is. Ek het probeer en ek sal aanhou, want as jy honger is, is jy honger, en as ek kos het, sál ek vir jou gee!”

Bom bars oor Mandy

  AUTHOR
Daleen Naude
Journalist

Latest News

COMMENTS

ctpmiddelburgagrieco_highveldgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Me. Ria Roets, die Kosmosstreek VLU skakelbeampte soos almal haar ken. Sy is steeds in 'n toestand van skok nadat haar tuin- en nutsman, Jabulani Mahlangu, gearresteer is vir die moord op sy twee kinders.
‘Hy moes geknak het’