Opvolg: Kindermishandeling: Al drie kinders veilig

Die seuntjie wat op 7-dae uit sy ouers se sorg verwyder is weens verwaarlosing, is steeds nie uit Midmed ontslaan nie.
Die seuntjie wat op 7-dae uit sy ouers se sorg verwyder is weens verwaarlosing, is steeds nie uit Midmed ontslaan nie.

Skenkings en donasies vir kos, klere en mediese sorg vir die drie kinders – twee seuntjies van onderskeidelik elf dae en nege maande oud, en hul sussie van agt – stroom steeds in nadat al drie kinders verlede Woensdag onder polisiebewaking deur die welsyn verwyder is.

Die pasgebore baba sal moontlik Woensdag dié week uit Midmed Hospitaal ontslaan word, waar hy sedert Woensdag verlede week vir geelsug, ondervoeding en ontwatering behandel word.

Al drie kinders is in veilige bewaring, nadat geskikte pleegouers ook vir die onderontwikkelde dogtertjie gevind is.

Naas ondervoeding en gevolglike ontwikkelingsagterstand, is die meisietjie emosioneel en intelektueel op die vlak van ‘n tweejarige omdat sy nog nooit deur haar ouers skooltoe gestuur is nie.

Die nege maande oue seuntjie se ontwikkeling is ook agter omdat hy soos sy boetie, na bewering selde deur sy ouers gevoer is.

Ontstoke inwoners vra hoe vriende en familie vir meer as agt jaar stilgebly het oor die mishandeling.

“Die wat bewus was van die mishandeling is net so sleg en skuldig soos die ouers,” is die algemene sentiment.

Teen Maandag was daar ook nog geen kriminele klagtes teen die ouers gebring vir kindermishandeling nie.

Volgens die pleegouers van die pasgebore baba, is alle mediese kostes tot dusver met skenkings van plaaslike Samaritane, gedek.

Die pa vertel dat die seuntjie nou fris en gesond is, maar steeds onder wakende oog van ‘n plaaslike pediater behandel word.

“Ons hoop dat ons hom teen Woensdag sal kan huistoe neem,” het hy Maandag dankbaar gesê.

Lees vorige stories hier:

Shocking child abuse, neglect expose

Ouers eet, kinders kyk…

  AUTHOR
Gerhard Rheeder
Journalist

Latest News

COMMENTS

ctpmiddelburgagrieco_highveldgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Lt.kol. Deon van der Merwe, kol. Hannes Wentzel, lt.kol. Anton Crafford, ao. Swannie Swanepoel, die vier musketiers van die Walk for Johlene-projek, se staptog na die Kaap vir Kansa het vandag tot ’n einde gekom.
Opvolg: Vier musketiers se pelgrimstog eindig