update


Opvolg: Meisies steeds weg

Adri Groenewald (15) het saam met Clarissa weggeloop.
Adri Groenewald (15) het saam met Clarissa weggeloop.

Die twee meisies van Hoërskool Kanonkop, Clarissa Opperman (16) en Adri Groenewald (15), wat Maandag verdwyn het, is steeds weg.

Gerugte dat hulle moontlik vir vriende sou gesê het dat hulle “oorsee gaan en nooit weer gekry sal word nie,” doen sedert Maandagaand die rondte.

Clarissa en Adri het die oggend nog gereed gemaak vir skool.

Clarissa het vir haar ma, Mandie, gesê dat hulle ’n “siwwie”dag het by die skool en dat hulle net ’n skoolhemp en gewone klere daarby mag aantrek.

Me. Opperman sê sy het haar skoolhemp, ’n swart kortbroek, ’n grys baadjie en grys Tommie-tekkies aangehad.

Adri het by die Oppermans se huis aangekom voor skool en was geklee in haar skoolhemp en ’n pienk kortbroek.

Die ouers het bekommerd begin raak toe Kanonkop Hoërskool se adjunkhoof, mnr. Deon Visser, hulle bel en sê dat die kinders nie by die skool opgedaag het nie. By navraag het hy ook vir hulle gesê dat die twee beslis nie gewone klere op dié dag mag aangetrek het nie.

Daar is aanvanklik gehoop dat hulle net stokkiesdraai en daar vir www.mobserver.co.za gevra om die berig terug te hou tot 16:00, aangesien Clarissa vir haar ma gesê het dat sy omstreeks 15:45 weer by die huis sal wees.

Adri se ouma (by wie sy sedert babadae grootgeword het) het egter die oomblik toe hulle die boodskap van die skool kry, die Kanonkop/Dennesig/Middedorp Radiogroep.

Hulle het met ’n soektog begin en die ander radiogroepe, asook die GPF Sektor 4 laat weet.

’n Facebookboodskap dat iemand die kinders in ’n taxi sien klim het, het me. Opperman afgemaak as “my kind sal nooit so-iets doen nie.”

Laat gisteraand (Maandag) het me. Opperman haar kind se kaste begin deursoek vir enige leidrade. Sy het die skokontdekking gedoen dat Clarissa al haar skoolboeke uit haar tas gegooi het en haar skooltas met klere gepak het.

“Sy het haar Bybel en twee stelle klere, asook haar nagklere gevat.” Me. Opperman het die Groenewalds gekontak en hulle het bevestig dat Adri dieselfde gedoen het.

Die dogters het nie paspoorte nie en het net R180 kontant by hulle, waarmee ’n skoolhemp gekoop moes word.

Radiogroeplede, asook die ouers en ’n polisielid het tot 01:30 Dinsdag nog mense opgeklop wat moontlik met die meisies kontak kon gehad het. Dit het egter op niks uitgeloop nie.

“Clarissa het nog nooit so-iets gedoen nie. As my kind egter by iemand is, bring haar asseblief terug!” het me. Opperman emosioneel uitgeroep.

• Me. Opperman wou Maandagaand ’n vermiste persoon dossier by die polisie open, maar sy is in kennis gestel dat sy dit nie kan doen sonder ’n foto-afdruk nie. Sy is Dinsdagoggend terug en ’n dossier is geopen.

• Die Pink Ladies, ’n organisasie wat vermiste persone help opspoor, het reeds die dogters se besonderhede geneem om hulle regoor die land te sirkuleer.

• Die hele land was verlede jaar in rep en roer toe die 13-jarige Neline van Zyl verdwyn het. Sy is ’n week later by ’n oord naby Loskopdam gevind saam met ’n 17-jarige seun. Hy staar klagtes van ontvoering in die gesig.

Lees die vorige berig oor die verdwyning van die twee dogters van Hoërskool Kanonkop hier. 

Lees meer verwante stories hier:

Neline gekry!

English – They found Neline

Video: Parents plead for return of missing daughter

Video – Opvolg: Beloning vir Neline

Opvolg: Dorp vat hande en soek Neline

Opvolg: Gemeenskap soek maar geen Neline

Opvolg: Nog niks oor Neline

Neline steeds weg

Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

  AUTHOR
Daleen Naude
Journalist

Latest News

COMMENTS

ctpmiddelburgagrieco_highveldgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Die gewilde Tour de Farm-bergfietswedren vind op 5 November plaas.
Byna tyd vir Tour de Farm