Video: Hemelse sluise is oop

IMG_0883 (LL ZN)

Die radiogroepe het soos ’n geoliede masjien saamgewerk om bruggies en paaie toe te maak, nadat die dorp se paaie in damme verander het.

In Walter Sisulustraat, net voor die brug naby die SAVF Tehuis vir Bejaardes, moes ’n bus uitgesleep word, nadat dit met ’n sterk stroom water oor die pad meegesleur is.

Radiogroep en GPFlede moes 4×4 bakkies inspan om voertuie in Proteastraat na veiligheid te sleep, nadat die water die voertuie tot stilstand geruk is Van die lede was tot hul middelyf in die water om verkeer te wys dat dit nie veilig is om deur die water te ry nie.

In Sipres- en Helen Josephstrate, weerskante van die Dennesig dammetjies, het die water soos ’n rivier oor die pad gespoel en is mense met flitse gewys om eerder ompaaie te gebruik.

By Hoërskool Middelburg het die geweld van die water een van hul mure omgegooi.

In Kanonkop is 100mm gemeet en is vir die Observer gesê “dat dit meer kan wees want toe ons uitgaan het ons reënmeter al ’n rukkie oorgeloop.” In Bonckerstraat is 133mm gemeet.

Mnr. Neels Struwig (damopsigter) sê dat dit 55mm by die dam gereën het en dat die dam deur die nag van 56.8% na 57.1% gestyg het. “Ons is positief, want daar is nou ’n inloop na die reën!”

In die Hendrina omgewing, Middelburgdam se opvanggebied, het 48mm reën geval.

  AUTHOR
Daleen Naude
Journalist

Latest News

COMMENTS

ctpmiddelburgagrieco_highveldgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Me. Igna Nortjé is op 30 Mei 2012 vermoor en haar moordenaar is steeds op vrye voet.
Opvolg: Igna Nortjé moord