(Opvolg) WhatsApp boodskappe: Dit het geklink soos Irak

• Almal ons vra, bly asseblief in julle huise, moet nie uitkom nie! Waar die geweerskote afgaan, lê asseblief plat!

• Waar is dit?

• Wat gaan aan, ai mense!

• Hulle skiet oor en weer! Impala se kant!

• Laat weet net asseblief wat is aan die gang as jul weet. Dankie.

• Dis voor my huis! Klink soos Irak!

• Waar is die polisie? Hulle al opgedaag?

• Bly in hemelsnaam net in julle huise en hou die deure gesluit!

• Skiet hulle nog steeds? Ons hoor nou niks.

• Dis drie huise van my af!

• Hul een vas in Bosbok op dak!

• Lê plat.

• Sien geen polisie

• Een is geskiet, hy lê en ruk!

• Flying squad is nou in Kriel!

• Wat gaan aan? Wie skiet?

• Is iemand bewus van die twee karre wat nog in Impala staan wat deel van die skietery was?

• Hulle is in die huis!

• Hul almal in Bosbok nou!

• 14 Bosbok aangeval!

• Daai ou met wit Polo het baie geskiet.

• Ai julle dis baie sleg. Asseblief, wees veilig!

• Hul spring dakke en skiet

• Weet iemand hoekom hulle skiet?

• Hulle skiet oor en weer!

• Nee! Bly in julle huise!

• Probeer die ouens in die helikopter help?

• Ja, hulle soek na die mense wat skiet.

• So hulle is nog nie gevang nie?

• Nee, daar is ’n paar al gevang, maar daar is te veel van hulle!

• Hoop jul kry almal. Wees asseblief net versigtig.

• Ek ook, maar hulle skiet nie meer nie.

• Nee hul skiet nog!

• Hulle dodge bullets!

• Bosbok, Impala, Playfair!

• Helikopter sirkel nog rond!

• Twee SAPD-lede gewond in hospitaal en dit gaan goed met hulle. Verdagtes gearresteer en verskeie wapens teruggevind. Hulle was vermoedelik betrokke by transito rowe . Dankie vir almal se hulp en reëlings.

Lees ander stories hier:

Video: Woeste skietgeveg op Kriel – boer gaan help

Man en diere brand dood op Secunda

(Video) Nuusflits: Transito-rooftog loop skeef

Cash in transit heist

Blood trail ends in Gauteng

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter @Mobserv to receive your free daily news updates. You can also WhatsApp us on this number 079 426 1396

Also check out our Video’s on Youtube daily!

  AUTHOR
Daleen Naude
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Opvolg: Valke kaptein steeds in hospitaal