Man by brug gekaap

Stefan Victor en Laurika Anderson is nuwe intrekkers in Middelburg.

Rehana Pilodia, van die GPF, sê dat Stefan Victor (34) se vriendin, Laurika Anderson (34), Vrydagmiddag 16:00 met hom gepraat het oor die foon.

Hy was op pad terug van Secunda af en het aan haar gesê dat hy net buite Middelburg is, dat hy agter ‘n abnormale vragtrok aanry en haar binnekort sal sien.

Kort daarna was sy foon af en hy het nie by die huis opgedaag nie. Me. Anderson het hom as vermis by die Middelburg Polisie gaan aanmeld.

Teen Saterdag was daar nog geen spoor van mnr. Victor nie en verskeie veiligheidsgroepe het verwoed begin soek na hom.

Me. Anderson was met me. Pilodia op die telefoon besig toe sy ingelig word dat haar vriend by hul huis aangekom het. Sy was op daardie stadium by ‘n famililielid.

Mnr. Victor is kort na sy gesprek met me. Anderson, deur twee mans oorrompel by die stopstraat waar Samora Machell/Bethalpad onder die N4 deur gaan.

Hulle het ‘n vuurwapen op hom gerig en hom beveel om Stoffberg toe te ry.

Buite Middelburg het hulle gebruik gemaak van grondpaaie en nie op die R555 gebly nie. So bykans vier kilometer voor Stoffberg op die Wapadskloofpad, het die Volkswagen Jetta waarin mnr. Victor en die kapers gery het, sonder brandstof gaan staan.

Mnr. Victor kon daarin slaag om met die sleutels in sy hand uit die motor te spring en in ‘n nabye mielieland te gaan wegkruip. Sy kapers het besef dat hulle nie die voertuig gaan kry nie en ook gevlug. Mnr. Victor het gewag tot dit veilig is, voordat hy weer sy verskyning gemaak het.

Hy het daarna te voet tot by die Blinkwater Meule geloop en van daar die pad Middelburg toe aangepak. Weldoeners het hom langs die pad opgelaai en in Middelburg afgelaai.

Werner van Wyk, wat op die Wapadskloofpad bly, sê dat hy die Jetta Vrydagmiddag al opgemerk het. Hy het begin onraad vermoed toe hy dit die volgende dag op dieselfde plek sien staan. Die voertuig was gesluit en daar was geen teken van vuilspel nie.

Die polisie het die voertuig Saterdag kom haal. Dit staan tans nog by die polisiestasie op Laersdrift sodat daar vingerafdrukke geneem kan word.

Buiten vir skok het die kapers nie fisiese skade aan mnr. Victor gedoen nie. Die Middelburg Polisie ondersoek ‘n voorval van motorkaping.

VIDEO (Waarskuwing – Nie vir sensitiewe luisteraars) – Soos diere agtervolg hulle man

N4 Vosman protest site cleared, open for traffic

N4 closed at Vosman due to protest on highway

Opvolg: Is lodge aan die brand gesteek?

Damstand stabiliseer te danke aan naweekreën

  AUTHOR
Jana Boshoff
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

ctpmiddelburgagrieco_highveldgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Dam begin daal