Stroper dryfas trek hoofseun in

CJ Uys (17), hoofseun van Belfast Akademie, word in die intensiewe eenheid van die Life Kosmos Hospitaal behandel nadat die dryfas van ’n stroper hom Saterdag ingetrek het. Sy klere en hy het rug-, arm- en beenbeserings opgedoen. Hy het gelukkig geen bene gebreek nie.

Die hoofseun van Belfast Akademie, CJ Uys (17), het ernstige beserings opgedoen nadat die dryfas van ’n stroper hom ingetrek het.

CJ se pa, Nico, ’n welbekende boer op die Belfast/Dullstroompad, sê CJ het Saterdag op die trekker gesit en oorgeleun om te kyk of alles nog reg is met die stroper.

Die volgende oomblik het die dryfas van die stroper (wat onder die trekker deurgaan), sy los windbreker beetgekry en dit ingetrek.

“CJ se klere is van hom afgeskeur,” vertel mnr. Uys.

CJ het fisies geveg om uit die kake van die dryfas te bly, maar mnr. Uys sê sy seun het nie velle op sy rug nie en dat sy arms en bene ook seergekry het in die geveg om nie heeltemal ingetrek te word nie.

“Dit is net genade dat hy geen bene gebreek het nie,” het mnr. Uys gesê.

Mnr. Uys sê hy was nie ver van CJ af nie en het sy beseerde seun in sy voertuig gehelp en dokter toe gejaag.

Mnr. Uys en sy vrou, Hannatjie, het van die dokter af na die Life Midmed Hospitaal gejaag waar hy gestabiliseer en later oorgeplaas is na die Kosmos Hospitaal.

CJ word intussen in die intensiewe eenheid behandel vir sy beserings en het ook reeds ’n operasie ondergaan.

Mnr. Uys het gemeld dat “dit goed gaan onder omstandighede en dat CJ stabiel is.”

CJ is by sy positiewe en sy ouers sê die dokter het hulle meegedeel dat as CJ nie so fiks was nie, sou hy baie ernstiger beseer gewees het.

Hul seun is ’n goeie hokkiespeler en hokkieskeidsregter.

Die gesin is oorweldig deur die ongelooflike ondersteuning “wat ons van oraloor, selfs wêreldwyd ontvang.” Hulle het elke persoon bedank wat hulle ondersteun deur middel van boodskappe en gebede.

  AUTHOR
Daleen Naude
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Weather for the week