Onnie onder wolk by skool weg

Gawie Visagie.

Mnr. Gawie Visagie is oornag by die skool weg, na bewerings van onbehoorlike verhoudings met twee skoolmeisies, een in graad elf en een in graad twaalf.

Mnr. Visagie antwoord nie sy selfoon om meer lig te werp op die saak nie.

Waarnemende skoolhoof, mnr. Hendrik Swanepoel, sê die “stories” wat versprei word is nie nuuswaardig nie.

Tog is leerlinge op die aantreeblad aangespreek oor die verspreiding van die gerugte.

Die skool was verlede jaar in die nuus na pornografiese videos onder leerlinge versprei is.

Betrokkenes se name is van die leerlingraad se lys verwyder.

’n Klankgreep is in die jongste voorval versprei waar ’n ouer man erken dat hy ’n leerling probeer soen het en dat sy steeds verlief is op hom.

Lees ook: Kuberseks skud fondamente van tegniese  spogskool

Daar word beweer dat ’n skooldogter uit mnr. Visagie se woonstel gejaag moes word, waar sy met die onderwyser se toestemming by ’n seun gekuier het.

  AUTHOR
Tobie van den Bergh
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
9 apps for school holiday fun