update


Opvolg: ‘Huiskopers’ wat steel op video!

Me. Natalie Pretorius kan steeds nie glo dat hulle haar so maklik oortuig het om in haar huis wat in die mark is in Pistoriusstraat (Clubville, Middelburg), in te kom nie.

Sy sê sy laat nooit mense sonder die agent in die huis toe nie, “maar hulle was so vriendelik en dit het regtig geklink of hulle belangstel.”

Die groep het opgedaag in ’n donkerkleureige Jeep Cherokee.

Aldrie het uitgeklim en belangstellend begin uitvra oor die huis.

Lees ook: Huiskopers weer bedrywig

Aanvanklik het alles goed gegaan, maar skielik het al drie tegelyk begin praat en ook oral saamgestap. Een wou ook toilet toe gaan.

Me. Pretorius het ongemaklik begin voel toe sy nie meer al drie in die oog het nie, want haar huis is op meer as een vlak gebou, en het via WhatsApp haar tuinier gevra om vir haar te kyk waar is die ander vrou.

Op die videomateriaal kan gesien word hoe hy inkom, maar die vrou maak of sy uit die badkamer kom en hy stap by haar verby.

Weens haar ongemaklikheid het me. Pretorius vir die groep gesê sy het oral sekuriteitskameras in haar huis, waarop hulle skielik haastig geraak en gery het.

Kort nadat hulle weg is, het sy gemerk haar ring en horlosie wat in die badkamer in ’n houer gelê het, is weg.

“Ek dra amper nooit daardie ring nie, maar het hom Dinsdag aangehad en het hom in die houer gesit toe ek my hande gewas het!”

Deur die videomateriaal kan ’n mens sien hoe die groep saamwerk om haar aandag af te trek, terwyl die een vrou die kaste deurgaan vir waardevolle artikels.

Op een stadium kry die ander vrou haar selfs aan die arm beet.

Die videomateriaal wys ook hoe die dief haar klere regtrek nadat sy uit die badkamer kom en die horlosie en ring in die handsak versteek as sy by die kamera verbystap.

• ’n Berig oor die gebeure verskyn ook in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer en word daarin melding gemaak wat die waarde van die ring is.

  AUTHOR
Daleen Naude
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Opvolg: Man wat skoolhoof besteel gevonnis