Klippan boogskietbaan kompetisie hierdie naweek

Die prag baan naby Arnot is die breinkind van Anton Niewoudt, wat die baan opgedroom het toe hy in die veld gestap het op soek na ’n vuurpyl.

Mnr. Niewoudt, ’n vuurpyl entoesias, skiet gereeld van sy pyle in die Klippan omgewing af. Hy is egter ook al vir die laaste 30 jaar betrokke by boogskiet.

Na maande se sorgvuldige navorsing, is die Klippan baan volgens die spesifikasies van ’n internasionale NFAA (National Field Archery Association) baan in Amerika gebou.

’n SANAA (South African National Archery Association) inspekteur het die baan besoek en dit as een van die mees uitdagendste bane in die land verklaar.

Die skilderagtige baan, langs die Klippan, ’n natuurlike pan wat byna 100 hektaar dek, en op ’n koppie is, bied avontuurlustige uitdagings, soos teikens wat jy van ’n klipplaat af moet skiet en ’n teiken in ’n grot.

Daar is 28 teikens en by elke een is daar ’n bordjie met interessante geskiedenis van plaaslike, Suid-Afrikaanse asook internasionale boogskut legendes.

Sondag se verrigtinge begin 08:30 met die inskiet van boë op die koppie by ’n spesiale baan. Daar is ’n blesbok op die spel vir die skut wat die naaste aan ’n spesifieke teiken kan skiet.

Die baan is maklik bekombaar, net agt kilometer van die N4 hoofweg af naby die Arnot Kragstasie.

Vir meer inligting, kontak Anton by 079 377 2800.

  AUTHOR
Jana Boshoff
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Boogskiet die naweek