Hardhorende vrou vra

Maritza Engelbrecht saam met haar seuntjie, Pierre, en papegaai, Monty. Sy is 'n goeie fotograaf, maar sê mense wil haar nie 'n kans gee nie, omdat sy hardhorend is.

Maritza Engelbrecht (33) is hardhorend en kan glad nie mense bel om vir hulle te vertel dat sy ‘n meester is met fotografie nie.

Wat haar dronkslaan is dat mense haar vermy as sy vir hulle sê om net vir haar ‘n sms of Watsapp te stuur as hulle met haar wil kommunikeer. “Daar is niks fout met my nie, ek kan net nie met die telefoon praat nie. In ons moderne tyd is dit tog ongelooflik dat mense my nie wil sms nie?” sê sy kopskuddend.

Sy vertel dat hulle ‘n klein groepie vriende is wat gehoorgestremd is. Haar man is heeltemal doof, asook al hul ander vriende.

“Ons kan álles doen wat ander mense kan doen. Die verskil is, mense sal hulle eerder wend na horendes en so word ons afgesny van die wêreld”

Haar portefeulje onder “Sparkle Photograpy” is ongelooflik en daar is pragfoto’s van troues, paartjies, konserte en selfs natuurtonele.

Die verskil tussen Maritza en al haar dowe vriende is dat sy soms namens hulle met ander kan kommunikeer, aangesien sy sekere klanke wel kan hoor en van aangesig tot aangesig met mense kan praat.

Een van hul dowe vriende, Frank Coetzee, beaam wat Maritza sê. Hy is briljant met webtuiste ontwerp en webberging.

Net soos Maritza, skrik dit mense egter af as hy vra dat hulle hom moet sms.

“Daar is niks fout met ons koppe nie!” sê hy afgemete. Die verskil is net: waar mense in die aande tuiskom en teekoppies hoor rinkel, honde hoor blaf en hul kinders se gelag kan hoor, het hulle net hul eie gedagtes.

“Die doofheid is nie werklik ‘n gebrek nie, want ons kán lees en skryf! Ons hande is nie afgekap nie, vat asseblief net ons hande en gee ons ‘n kans. Ons is normaal soos enigiemand anders!”

• Persone wat Maritza ‘n geleentheid wil bied om foto’s te neem, soos byvoorbeeld matriekafskeid-paartjies, funksies of troues, kan haar sms of Watsapp by 078 147 0805.

• ‘n Kort gedeelte van ‘n video waar Frank sy besigheid bemark, kan gesien word op die Observer webtuiste by www.mobserver.co.za.

  AUTHOR
Daleen Naude
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Sexy hoender vir Meonn

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: