My Beurt: Tobie van den Bergh

“Jou man se kar is met ‘n kegel ‘n duik ingeslaan?”

“Maar jy is dan oppad na die burgemeester se jaarlikse verering van matrikulante, hoe kan iemand nou jou kar met ‘n kegel slaan”.

So gaan die gesprek dom-stom vir ‘n paar minute aan.

Jy kan nie die twee bymekaar bring nie: Dis die banketsaal, dis die burgemeester, dis trotse matrikulante.

Besluit om maar self daarheen te ry.

Kry ‘n bewende joernalis met kamera om haar nek.

‘n Vrou sê: “Ek het gesien hoe hardloop hulle met ‘n halwe baksteen op haar af’.

Die joernalis vertel hoedat mans gepoog het om haar kamera van haar nek af te ruk, terwyl die polisie staan en toekyk, hoedat sy gedreig en haar kar beskadig is.

Oral staan groepies mense in deftige klere en ander dreigend.

By die ingang is reuse klippe in die pad gepak en daar is “wagte” wat sorg dat niemand in of uit nie.

Matrikulante in skoolklere wag verdwaas.

Ouers maak verbitterde opmerkings.

Uit ‘n kar klim amptenare met reuse trofeë en sertifikate. Trofeë wat nooit die aand oorhandig sou word nie.

Die woord: “Hooligans” spring in jou kop rond.

Staan self nader met ‘n langlens kamera. “Don’t shoota, don’t shoota!” word daar geskreeu. Toe storm van die mans met moord in hulle oë nader. Dit is tyd om te vlug.

Jy dink aan 1990, apartheid, onluste, karre wat brand, klippe. Daardie mense se oë het nie sulke moord uitgeroep nie en hulle het vir vryheid geveg.

Ouers blaas die aftog, presteerders klim teleurgesteld in karre en ry weg.

Binne die gebou word kos vir ‘n onthaal op die vloere neergesmyt.

Hooligans!

  AUTHOR
Tobie van der Bergh

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Man buried month after death