Museumskatte lê in kratte…

Willem Ratte het alles en nog wat versamel in sy stryd teen demokrasie soos Dimitri Tsafendas wat dr Hendrik Verwoerd vermoor het, se foto.

Die museumstukke word vir veilige bewaring gestoor en ’n kennisgewing is in vandag se Middelburg Observer gepubliseer om Ratte te probeer opspoor: “Hiermee word kennis gegee aan Willem Ratte, of enige persoon aan hom bekend, om binne 30-dae van dié kennisgewing sy eiendom, tans gestoor te Gilfillanstraat 2, Moth Gondar Shellhole, te verwyder. Anders sal dit verkoop word ten einde stoorkoste te dek. Kontak Leon Maarten 078 249 9994”.

Willem Ratte – van bosoorlog held tot reënboognasie paria, wat jou opinie ook al is, die geskiedenis agter sy naam, bly verstommend.

Willem Friederich Ratte was ’n Valentynsbaba, gebore op 14 Februarie 1948, in die Paarl.

In 1972 bekwaam hy hom as onderwyser maar ’n jaar later tree hy toe tot die Rhodesiese weermag, maar verruil dié verbintenis in 1979 toe hy as luitenant by die SA Weermag se elite 32 Battaljon aansluit.

Ratte maak vinnig opgang van luitenant na kammandant tot sy uittrede in 1991, die tydgleuf waartydens Suid-Afrika wankel op die rant van ’n burgeroorlog.

Aanvalle uit die Transkei onder kwynende teenkanting van die weermag weens politieke druk, was verdere motivering vir sy bedanking uit die weermag.

Dit is hier waar sy passie vir die versameling van museumstukke vir “Afrikaner volksmoord” soos hy dit noem, begin ontkiem.

Op 16 Desember 1993 lei Ratte die Pretoria Boere Kommando om Fort Schanskop te beset, swaar bewapen op Geloftedag.

Ratte vlug in gietende reën onder die neuse van die weermag en polisie verby.

Op 10 Desember stel hy vyf ultimatums op Radio Pretoria, ’n stasie wat hy help stig het, vir sy vrywillige oorgawe aan die polisie: (1) ANC jeugleier Peter Mokaba moet aangekla word vir volksmoord, (2) Joe Slovo (SA Kommuniste Party) en Joe Modise (ANC militêre hoof) moet aangekla word van terrorisme vir hulle deel in die 1993 Pretoria Kerkstraat bom wat 19 mense dood, (3) die moordenaars van die VSA uitruilstudent, Amy Biehl, moet terregestel word, (4) ANC lede met onwettige wapens op videomateriaal tydens die Shell House slagting moet vervolg word, en laastens (5) dieselfde oordrewe reaksie op die besetting van Forst Schanskop deur die weermag en polisie, moet gebruik word teen moordenaars, verkragters en ander kriminele.

Die voorwaardes word nie nagekom nie en Ratte word na ’n landwye soektog, gearresteer.

Hy word tot 20-jaar, waarvan 15-jaar opgeskort is gevonnis vir die onwettige besit van ammunisie en plofstof, wat na die Schanskop besetting in die museum gevind is agter sakke mieliemeel en lemoene.

Die vonnis merk die begin van Ratte se wekelange hongerstaking in Zonderwater.

Na 54 dae op hongerstaking, op die drumpel van die dood, gee Ratte in, eindig sy hongerstaking en sê “hy doen dit vir sy volk”.

Hy dien sy volle vyf en ’n half jaar uit.

Daarna vestig hy hom op Balmoral, waar hy weer gearresteer word vir die bedryf van ’n opleidingskamp wat beskuldig word vir die beplande omverwerping van die regering.

In 2011 word die klagtes egter teen Ratte laat vaar en hy verdwyn stilweg tot dié week waar sy naam ’n liggie laat opgaan in die redaksie kantoor van die Middelburg Observer.

Waar is kommandant Wilhelm Friederich Ratte? Weet jy? van Bosoorlog held, na reënboognasie paria, tot nagedagte in ’n volksgeheue…

• Die Moths bestuur wou ongelukkig nie die kratte met die Ratte versameling oopmaak sonder die teenwoordigheid van Ratte, of ’n familielid van hom nie.

• Gaan kyk gerug na ’n virtuele toer van die Ratte museumskatte op dié internet skakel: http://www.volkstaat.net/index.php?option=com_content&view=article&id=574:boer-genocide-museum-balmoral-virtual-tour&catid=87:southern-cross-africa&Itemid=145.

  AUTHOR
Gerhard Rheeder
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: