My Beurt: Tobie van den Bergh

Skuus dat ek nie daar kon praat soos jy gevra het nie.

Wil nie aan jou dink soos toe jy in die hospitaal gelê het nie.

Wil aan jou dink as die mooi, statige vrou.

Lank-lank gelede het Bets gevra: “Jy moet asseblief eendag by my begrafnis iets sê”.

Maar toe is die begrafnis Vrydag. En Vrydag was daar ‘n afspraak in Pretoria wat lankal gemaak is.

Skuus Bets.

In haar eie handskrif het sy versoeke vir die begrafnisdiens neergeskryf.

Andre Nel moes “Rose vir Moeder” sing.

Ons het altyd gespot dat sy op die voorblad sal wees wanneer sy die dag met haar vriend, Lance James, sou trou. Lance moes “For tears to come” sing.

Bobby Angel “Blaze of Glory”.

“By die graf Charles Rudd Stille Waters”.

En daar was die versoek: “Bedankings Tobie van den Bergh”.

Skuus Bets.

In nog ‘n netjies getikte briefie het sy boodskappies vir haar kinders, kleinkinders en vriende gehad.

“Sankus ek is baie lief vir jou. My laaste seun wat ek trots op is…”.

“Gerda jy was van kleintyd af die oogappel van jou pa…”.

“Regina, die sagte kind wat met geduld gebore is…”.

“Ursula, jy was my alles…”.

“Jurie, ouma se hart en siel..”.

Daar was ook ‘n boodskap vir die koerant: “Vandag sal ek seker op die voorblad wees. Daleentjie, dankie dat jy soveel goedjies vir my geplaas het, ek is baie lief vir julle…julle was altyd staatmakers”.

Dankie Bets. Dankie dat jy ons so spesiaal laat voel het.

Ons was ook jou “Liefiekind”, soos jy mense genoem het.

Van alles was dit die spesiaalste:

“Liefiekind!”.

Vrou lankal dood

Vrou se bedsere vrot

Vrou deurtrek van bedsere

Lees hier oor ander klagtes teen die hospitaal.

  AUTHOR
Tobie van den Bergh
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Man buried month after death