Kuberseks skud fondamente van tegniese spogskool

Dit gons steeds landswyd oor Margaret van Wyk se wydsbeen foto waaroor sy eksklusief met Huis Genoot gesels het.

Skokkende selfoon videos en foto’s het daartoe gelei dat ’n string meisies van HTS Middelburg summier van die spogskool se nominasielys vir die leerlingraad verwyder.

Kort nadat die videos en foto’s onder die betrokke meisies se ouers, en die Mpumalanga Onderwysdepartement se aandag gebring is, het daar skielik talle beledigende memes, gemik op onderwysers van die skool, op die Instagram profiel “skruf_middelburg-tek_memmes” die lig gesien.

Die memes is vervaardig met sommige egte foto’s van die onderwysers, insluitende die skool se waarnemende hoof mnr. Hendrik Swanepoel.

Die memes sinspeel onder andere op verhoudings tussen getroude onderwysers van die skool.

Daar word ook persoonlike dwarsklappe na onderwysers uitgedeel op grond van hul voorkeure vir boeke, aktiwiteite en optrede in die klas.

Die memes word in so ernstige lig deur die skool gesien, dat die hulp van die polisie se kubermisdaadeenheid ingeroep is, om die persoon agter die Instagram profiel aan die kaak te stel.

Mnr. Swanepoel het beide die foonseks en Instagram aftakelblad bevestig, en sê terwyl die polisie soek na die internet trol, die skool die eksplisiete seksboodskappe intern hanteer het.

Lees ander stories hier:

Mosambieker met gif in dammetjie gevang

Wanted: Hit and run fortuner

Bill Clinton in court

Thousands of fish killed at Eikeboom Pan

Ten arrested for illegal fishing

Warning Graphic: Five babies dumped in less then two months

Update: Police finally make arrest after latest discovery

New born baby found dead

Send a message to our SMS line 33658 or add us onto Facebook and Twitter to receive your free daily news updates.

Also check out our Video’s on Youtube daily!

 

  AUTHOR
Gerhard Rheeder
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Motorfiets en fietse vanoggend gesteel