Pa en seun oorleef ongeluk

Die bakkie het erge skade opgedoen. Frikkie Walsh sê hy het uitgeswaai vir 'n trok wat 'n U-draai probeer maak het op die N12, waarop die bakkie gerol het.

Frikkie Walsh (25) vertel dat hy en sy pa, Graham, vanaf Johannesburg (waar hulle karparte gaan koop het) na Middelburg onderweg was op die N12.

Naby die brug waar die N12/N4 bymekaar kom, het ‘n trok ‘n U-draai gemaak om weer terug oor die ander hoofroete te kom.

Frikkie Walsh en sy pa, Graham, moes aan die bokant van die bakkie uitklouter nadat dit gerol het.

Frikkie het bestuur en daar was nie tyd om te dink nie. “As ek nie die stuurwiel geruk het nie, het ons reg onder die trok ingery.”

Hy het probeer uitswaai, waarop hul 4×4 Isuzu 2.8 diesel die pad verlaat en gerol het. “Ek het die trok met millimeters gemis.”

Die bakkie het op sy sy aan die bestuurderskant te lande gekom en hulle het by die passasierskant aan die bokant uitgeklouter.

Hulle het dadelik gekyk waar die trok is, maar die trokdrywer het nie gestop nie en het nadat hy die U-draai gemaak het, net aangehou ry.

• Die twee mans het erge spierbeserings opgedoen.

Lees ander nuus hier:

Gepeupelreg lei tot moord

Armed robber shot at e’Mhluzi Mall

Conspiracy to rob studio 88

Sikloon is op pad!

Tracers kroeg vroegoggend deur inbrekers geteiken

VIDEO: Die voete dans by Platform Reünie

Stolen car chased on highway

 

  AUTHOR
Daleen Naude
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Broer op moordtoneel

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News


Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: