Alhoelwel inligting nog skraps is blyk dit dat die Howarth egpaar vanoggend net na 2 in hul huis oorval is.
Hul aanvallers het hul êrens tussen 03:00 en 05:00 langs die Stoffberg/Belfastpad afgelaai.
‘n Verbygaande trokbestuurder het mnr. Howarth net na 06:00 langs die pad opgemerk.
Hy het Belfast toe gery om hulp te ontbied.
Mnr. Howarth word tans vir skok en observasie in die hospitaal gehou. Mev. Howarth is tans in ‘n koma.
Wees op die uitkyk vir die egpaar se blou Nissan Hardbody dubbelkajuit met die registrasienommer CWP 149 MP en
bel jou naaste polisiestasie indien jy hulle gewaar.
Lees opvolg hier:
Lees ander nuus hier:
Nuusflits: “Belfast inwoner dood na beweerde gesinsgeweld”