Ping! Ping! Ping! roep vlermuise in die dak

Talle inwoners sukkel tans met vlermuis infestasies en ten spyte dat daar nie pootjies op jou plafon ronddraf en spring nie, is die vlermuis se ultrasoniese eggo-opsporingsroep ‘n skril irritasie vir die oor, veral as vlermuis se kind besluit om in jou slaapkamer se dak in te trek.

Teen 130 desibels is die vlermuis se eggo-opsporingsroep een van die hardste ultrasoniese klanke in die lug.

Volgens dr. Zephe Bernitz is vlermuise nou skielik meer aktief weens die draai van die siesoen.

Sy waarsku dat hulle in die somer teel en dat inwoners wat probleme ondervind vinnig daaraan moet aandag skenk want as teelpare voer, bly die babas agter in die dak.

Dr. Bernitz sê die beste manier om van ‘n vlermuis ontslae te raak is om die gate en krake waar hulle inkom, deeglik toe te maak en te seel.

Sy sê hulle kan hulself so plat trek dat ‘n spulletjie van die soogdiertjies in die krake van haar eie skuifdeur ingetrek het.

Dr. Bernitz sê dat hulle beslis op die plafonne urineer en ontlas maar dat die vlermuise in die algemeen geen gevaar vir mens of dier inhou nie.

“Mense hoef nie bang te wees vir hulle nie, muskiete en motte en ander insekte wel, vlermuise voer op duisende insekte elke nag,” sê dr. Bernitz.

Hulle vlieg gewoonlik skemer vir die eerste voeding uit en inwoners wat probleme ondervind moet kyk waar hulle in en uitvlieg.

As dié toegangspunt gekry word, kan dit geseel word sodra hulle uit is vir hul eerste voeding.

“Dan vlieg die hele swerm gewoonlik, terwyl daar tydens latere voedings gedurende die nag vlermuise kan agterbly,” sê dr. Bernitz.

Lees ook: Die ouma en die kansvatter

Supervisor murdered

Interpreter kidnapped, murdered

Body found one week after accident

Alternatiewelik kan ‘n chloorpil in die dak waar die vlermuise hulle bevind die swerm ook verjaag.

Die dampe is egter baie nadelig vir babas en as hulle in die dak vrek van die walms, kan daar sekondêre probleme wees.

Sodra die swerm deur die chloor walms verjaag is, moet gate en krake geseel word om te verhoed dat ander vlermuise hul intrek neem.

Sommige glo dat die silwer foeliedeksel van ‘n koffieblik voor die vlermuis se ingang na die dak, ook werk.

Dié deksel sal inmeng met die vlermuis se eggo-opsporingsisteem en daartoe lei dat die ingang nie gevind kan word nie.

Hulle is egter bekwame kruipers met behulp van hul lang membraanomhulde vingers wat hule nog meer elasties maak om by kleiner gate en skeure te kan in.

Mnr. Hennie Nel van Middelburg Plaagbeheer ondersteun dr. Bernitz se sentimente.

“Daar is net een manier en dis om die onderhand van die dak te seel sodat hulle nie inkomplek het nie, sodra die swerm uit die dak is, was dit met ‘n sterk chemikalië soos Jeyes Fluid oftewel chloor soos die veearts voorstel,” stel mnr. Nel voor.

  AUTHOR
Gerhard Rheeder
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Old Boys rugbydag aangebied