Prostitute met perpersproei uit dorp gedryf

Argief foto

Op Hendrina is drie huise aan die brand gesteek wat glo dwelmhandelaars gehuisves het en nou is Belfast in opstand.

Drie persele op die dorp is uitgewys as beweerde dwelmhuise waar mans van Nigeriese en/of Somaliese herkoms winsgewend sake doen.

Mnr. Ross Röhrbeck, stigter van die Belfast WhatsAppbeskermingsgroep, is aan die voorpunt om die dwelms uit te roei.

Also read: Hendrina police, residents clamp down on crime

Die groep het ‘n ledetal van 84 besorgde inwoners.

Volgens mnr. Röhrbeck is ‘n 38-jarige hawelose man gedurende die nag van Vrydag, 8 September, in ‘n Wendyhuis op die perseel van een van die verdagte huise, geleë op die hoek van Fitzgerald- en Boultstraat, dood aangetref.

Also read: Cats victims of Nyaope addicts?

Twee ander vermeende dwelmafsetpunte is die afgebrande ou stadsaal, en ‘n woning op die hoek van Fitzgerald- en MacDonaldstraat.

Mnr. Röhrbeck sê dat lede van die Belfast Berkermingsgroep gesien het hoedat ‘n jong ongehude moeder, net bekend as Amore, haar liggaam aan een van die dwelmbase verkoop vir ‘n fix.

“Ons het by verskeie geleenthede Belfast SAPS in kennis gestel maar moes kort-kort hoor dat daar geen voertuie vir ondersoeke beskikbaar is nie.”

In ‘n mediaverklaring het sersant K.C. Mac Donald, skakelbeampte van Belfast SAPS, bevestig dat ‘n dossier geopen is na die dood van die 38-jarige hawelose man.

Die oorledene is uitgeken as Francois Willem Wyngaard.

Lees ook: Dwelms, moord, oorwinning

Gerugte van ‘n oordosis en dat dwelms aan sy persoon gevind is, kon nie bevestig word nie.

Mnr. Johan Bezuidenhout, eienaar van ‘n plaaslike sekuriteitsmaatskappy en ook lid van Belfast Beskermingsgroep, het ‘n ruk gelede saam met mnr. Röhrbeck, Belfast se hoofstraat laataand gepatrolleer, toe hulle ‘n groep van sewe prostitute by twee vulstasies opgemerk het wat hul dienste aanbied.

Lees ook: Heroïen hou hulle op straat

‘n Konfrontasie het tussen die mans en die vroue van die nag ontstaan, die groep vroue is toe met ‘n sarsie pepersproei verwilder.

Tot op hede het die vroue nog nie weer hul sakebedrywighede in die middedorp probeer bedryf nie.

•Op Middelburg is talle jong inwoners dood aan ’n oordosis dwelms en is dit algemeen bekend dat polisiemanne en dwelmhandelaars saam ’n winsgewende bedryf gevestig het.

Dwelms word openlik op straat verkoop en dwelmhuise doen ongestoord sake.

  AUTHOR
Attie Dippenaar

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Stormsterk winde tref dorp