Middelburg – Hier moet jy koes vir die koeëls

Die afgelope week is nie net ’n polisieman geskiet nie, maar ’n inwoner van die rustige Dennesig woonbuurt moes koes toe daar op hom geskiet is.

Inbrekers het op mnr. Niek van der Schyff (53) losgebrand by sy huis in Manie Maritzstraat.

Hy is omstreeks 03:30 wakker gemaak deur ‘n geluid in sy slaapkamer en het dadelik ‘n selfoonliggie by die spieëlkas opgemerk.

Lees: Honde in Dennesig vergiftig

Mnr. Van der Schyff het opgespring en op die booswig geskree, waarop hy omgespring en saam met nog twee ander, wat besig was om huisware bymekaar te maak in die res van die huis, by die skuifdeure uitgevlug het.

Mnr. Van der Schyff het ‘n knuppel gegryp vir selfverdediging, maar toe hy buite kom, het hy gesien hoe hulle die donker in verdwyn.

Read: Body found in veld near Dennesig

Hy het na familie se huis gery, maar besef almal slaap nog en is terug na sy eie huis.

Omstreeks 04:30 het hy besluit om terug te gaan na hulle toe vir hulp en is na buite om die hek oop te maak.

Lees: Gewapende roof in Longtomstraat

Die oomblik toe hy die hek oopmaak, het dieselfde drie booswigte hom ingewag.

Mnr. Van der Schyff het wéér op hulle geskree en hulle het begin weghardloop. Een van die drie het omgespring, ‘n skoot gevuur in die rigting van mnr. Van der Schyff, en verder gevlug.

Read: Dennesig loses three pupils

Mnr. Van der Schyff se vrou, Anne, het gesê dat hulle dankbaar is dat die rowers hom nie al tydens die inbraak in die vroeë oggendure doodgeskiet het nie.

Die res van die huismense was op die plaas en hy was alleen in die huis.

Die booswigte het toegang tot die huis verkry deur die diefwering in die kombuis oop te forseer.

• Al wat uit die huis vermis word, is ‘n beursie met kontant (die kaarte is uitgehaal en op die tafel gelos), klanktoerusting, ‘n ou selfoon en ‘n bril.

  AUTHOR
Tobie van den Bergh
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Avoid these areas – crime victims warn of CBD