Burgemeester moes Fanus se Tjor stóóót…

Sy humor moes beslis ook afgesmeer het aan sy seuns Frans en Gerrit.

Daarom is die verhaal van Fanus se Tjor so lekker een vol intriges, woede en humor.

’n 1928 Model T Ford is in 1964 deur die destydse dorpsraad aan die Fanus gegee as erkenning as Middelburg se ambassadeur.

 

 

Die burgemeester en voorsitter van die skoukomitee het egter kort hierna aan sy deur gaan klop om die motortjie terug te vat.

Frans en Gerrit was so verontwaardig vir hul pa se part, dat hulle die motortjie se battery verwyder het.

Die edele burgemeester en sy skouvoorsitter moes toe die motortjie ten aanskoue van die dorp in hul statige swart pakke die straat af stoot terug munisipaliteit toe.

In die 90’s was daar planne om die motor te restoureer en ‘n splinternuwe enjin is gekoop, maar nooit ingebou nie.

Die motortjie het staanplek by die munisipale magasyn gekry waar die enjin en ander parte gesteel is.

 

 

Na ’n lang proses en tenders is die 1928 Ford T modelletjie nou aan mnr. Japie Grimbeek verkoop. Hy voer al jare ’n veldtog om die Ford onder hande te neem.

Hy het gesê dat hy graag sou wou sien dat die Fordjie vir Middelburg en sy nageslagte behoue sal bly.

Read: Another Ford recall

Hy gaan ‘n gedenkplaat met die motortjie se kleurryke geskiedenis daarop aanbring.

Fanus was veral bekend vir sy oggendprogram, Flink uit die vere en as mede-skrywer van die Staal Burger vervolgverhaal.

Ander nuus:

‘Belfast Boef’ landwyd gesoek

Mosambieker geskiet, misdaad skielik minder

Seun sterf na val van bakkie

Trane soos riviere by prysuitdeling

Nuus op ’n drafstap

Kry nuus op ’n drafstap. Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) op jou foon, stuur ’n WhatsApp boodskap met die woorde “Add me” om nuus flits skakels op jou foon te kry.

 

  AUTHOR
Tobie van den Bergh
Editor

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Interpreter kidnapped, murdered