Geen borg vir doodskistwee

Willem Oosthuyzen en Theo Jackson saam met Marius Koertze en Elsabe Juyn luister na die uitspraak.

Die mans het die aansoek gebring nadat hul petisie by die Appélhof ingedien is. Hul regsverteenwoordigers het aangevoer dat hulle op borg vrygelaat moet word omdat hulle ‘n basiese menslike reg daartoe het.

Daar is geargumenteer dat sou hul appél suksesvol wees, hulle die tyd wat hulle agter tralies was, nie kon terugkry nie. Sou hul appél onsuksesvol wees, sou hulle in elkgeval hul opgelegde vonnis moet uitdien en dus nie die staat of die regstelsel benadeel nie.

Regter Sheila Mphahlele het in haar uitspraak gesê dat daar nie juis nuwe feite voor die hof is, as toe sy voorheen die verlof tot appél geweier het nie.

Sy het verder gesê dat die hof by regte was om die fout in haar uitspraak, waar sy ‘n gedeelte van die vonnis vir agt jaar in plaas van die voorgeskrewe vyf jaar opgeskort het, reg te maak.

“Dit was die heeltyd my intensie om ‘n gedeeldte van die vonnis vir vyf en nie agt jaar op te skort.”

Sy het verder gesê dat sy van die opinie is dat ‘n ander hof nie tot ‘n ander bevinding as sy sou kom nie en het gesê dat om die mans nou op borg vry te laat, bloot sou wees om die onvermydelike uit te stel.

Gehoor in die publieke bank het gejuig oor haar uitspraak en Oosthuyzen se vrou, wat in trane uitgebars het, uitgejou met die woorde “Huil maar! Huil maar!”

 

  AUTHOR
Jana Boshoff
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Doodskistwee vir vonnis in hof