Dominee erken hy is ‘n dief…

Anneline Kriel. Foto: Internet

‘n Dief?
‘n Dominee?
Nooit!

Die gemeente het stil geword oor hierdie ontboeseming.

Soos dit maar gaan wanneer ‘n prediker kielie, daar waar jy nie gekielie wil word nie, het elkeen seker deur sy lysie van sondes geblaai.
Seker gedink: “Ek het ook”.

Die groot sonde-onthulling het op ‘n antiklimaks geëindig.

Dit was lank gelede, het dominee voortborduur: “Ons was in die kafee toe die pakkie sout en asyn tjips my daar aankyk soos die appel vir Adam en Eva in die paradys.”

Niemand het gesien toe die tjips in sy jassak verdwyn nie.
Op hierdie stadium was dominee skoon bewoë.
Die sonde broers, die sonde!
Die versoeking susters, die versoeking!

Anneline Kriel. Foto: Internet

Het in my geestesoog gesien hoe dominee later met sy buit spog, terwyl hy en sy maatjies weglê aan die tjips.
As dominee voor ‘n pakkie tjips kon swig, dink net wat die boom van goed en kwaad, net nie aan ons arme drommels kan doen nie.
Vandag se tye kom die sondes juis aangesweef soos ‘n hoëveldse donderstorm.
Moes toe net daar erken: “Dominee ek is ook ‘n dief.”

Dit was 45 jaar gelede.
Sondagaande was ons eie Night at the Museum. Die verskil was net: Night at the School.
Saam met ‘n medepligtige by Hoërskool Generaal Hertzog gaan rondsluip.
Weet dat die Waarheids- en Versoening Kommissie bepaal dat alle inligting openbaar word, maar in hierdie geval kan mens mos nie ‘n nabye familielid impliseer nie?

Die van julle wat nog nie in die donker nag op ‘n skool se dak rondgeklouter het nie, sal nie weet watter ervaring dit is nie. Erger as die ergste spookhuis. Jy klim nog so dan vlieg daar skielik ‘n duif op en jy skrik jou as af, asvaal!
Interessante plek in die nag.

So verken ons weer een aand die skool, toe daar ‘n boek opduik. Op die omslag staan daar: “Anneline Kriel, Geskiedenis toets”.
Soos dominee se pakkie tjips was die versoeking te groot. Dit is dan die Mejuffrou Wêreld se boek? Die beeldskone Anneline wat so lekker op die skoolstoepe saam met haar maatjies gegiggel het.

Anneline wie se pa Majoor Kriel was van Paxton gevangenisdiens. Gerespekteerd!
“Anneline Kriel”: Soos ’n rot wat ’n slang in die oë kyk, gehipnotiseer deur die blou skrif.
Vir jare die boek bewaar.
Mejuffrou Wêreld se skrif.
Mooi Annie!

Anneline Kriel. Foto: Internet

Wie se foto in haar baaikostuum op jou lessenaar gestaan het in die Witbank Nuus kantoor, by die bruin Datsun geborg deur Witbank Datsun.
Besluit toe om die skrif na al die jare terug te gee.

Skryf vir haar ‘n briefie.
Ontboesem soos dominee.
Die groot sonde openbaar.

Laat weet sy terug: “Dankie dat jy die boek gevat het. My geskiedenis was vrot, hou hom asseblief”.

Anneline Kriel se geskiedenis toets.

Dankie Annie!
Jammer Dominee.

Anneline se geskiedenis toets

 

Lees ook:

Pa onderskoek na brand huis verwoes

Soek jy nuus op ’n drafstap?

Stoor ons bystand nommer (072 248 3855) en stuur ons ‘n Whatsapp boodskap met die woorde “Add me” om deel te word van ons uitsaailys.

“Like” ons op Facebook, of volg ons op Twitter en Instagram.

Volg ons YouTube kanaal.

Kliek op die skakel om te registreer om ons nuusbrief met die jongste nuus per e-pos te kry

Het julle vir ons ’n storie?

Kontak die redaksie op ons 24 uur bystandnommer 072 248 3855, of stuur ‘n e-pos aan ons redakteur [email protected]

  AUTHOR
Tobie van den Bergh
Editor

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Middelburg Observer
Witbank News

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: